WIE IS ONS
wie ons is en wat ons glo
Emmanuel Gemeente vorm deel van die breë Pinkster- en Charismatiese beweging in Suid Afrika en staan voorts in assosiasie met die Pinkster Protestante Kerk en ander bedieninge wat dieselfde Koninkryksvisie deel. Ons onderskryf die Apostoliese Geloofsbelydenis.
Ons gemeentenaam is deur God gegee en is van die volgende afgelei:
"Emmanuel": Dit is 'n Griekse woord wat "God met ons" beteken. Hierdie aktiewe teenwoordigheid dui op onderlinge verhouding tussen mense, maar ook tussen God en die mens.
"Gemeente": Hierdie term dui op 'n gesamentlike bewegende werking wat voortduur "organisme" deur die gemeente waar Hy die volheid van alles in almal vervul het.

visie
- Om Jesus Christus as die enigste Hoof van die gemeente te gehoorsaam en
Sy bevele stiptelik en tot die fynste besonderhede uit te voer.
- Om Jesus Christus as die enigste ware Fondament te erken waarop
Emmanuel Gemeente bou.
- Om deurlopend die Leiding van die Heilige Gees na te volg.
- Om die Here ons God met ons hele wese lief te hê.
- Om deurlopend te strewe na die onderlinge manifistering van God se liefde tussen Sy kinders.
- Om die alleenwyse God met Heilige Gees gedrewe lofprysing en aanbidding
te aanbid.
- Om die heiliges toe te rus vir dienswerk in die
Koninkryk van God.
- Om die direkte opdrag van Jesus en onder leiding van die Heilige Gees
te evangeliseer.

WAARDES
- Om God te behaag: Vervul
die plan van God in my lewe.
- Om lief te hê: Liefde
soos God ons lief het.
- Elke persoon is kosbaar:
Erken elke persoon soos God hom
erken.
- Leierskap: Wees
deel van leierskap wat saam as een span dien.
- Om te gee: Ek ontvang om weer te gee as geseënde.
- Deursigtigheid: Om
in alles oop en eerlik te wees.
- Familie: Familie beskerm mekaar en komplimenteer mekaar.
- Respek: Hanteer almal met
die nodige respek.
- Perfeksie: Strewe
altyd om meer te groei na perfeksie in Christus.
- Relevant: Om
relevant en doelgerig te bly in die koninkryk van God.
